Besprekings

BeSpreek nou !

Doornkloof is Die Voortrekkers: Vrystaatse se trots, plaas en wildkamp.
Die plaas is geleë in die distrik Lindley en is baie jare gelede deur die Trekker Sarel Cilliers bewoon.  Verskeie besienswaardighede kan op die plaas gevind word, waaronder die plaasopstal wat deur Sarel Cilliers opgerig is. Verskeie wildsoorte soos rooiribbokke, rooibokke, blesbokke, zebras, elande en kameelperde vorm deel van die hartklop van hierdie besondere plaas.
Jaarliks word daar gedurende die skoolvakansies verskeie gebiedskampe vir die Voortrekkers gehou. Buitelugskole, Leierskap en Spanboukampe word op aanvraag aangebied.
Dit is vir Die Voortrekkers Vrystaat ʼn voorreg om die geskiedkundige plaas vir voortrekkers en ander georganiseerde groepe beskikbaar te stel.

Navrae kan gerig word aan:
Gebiedskantoor (besprekings): 072 651 0394
Terreinbestuur (kampgeriewe): 056 555 0007 bestuur.doornkloof@vrystaat.voortrekkers.co.za

Besprekings kan gedoen word by die volgende epos adres:
doornkloof@vrystaat.voortrekkers.co.za

Moenie alles van die huis af aanry nie. Huur eetware en breekware en vele meer.
Aanhangsel B

'n Verskeidenheid hindernisbane, Rotsklim en Ubsail toring is te huur.
Aanhangsel C

Dit is belangrik dat elke persoon 'n vrywaringsvorm voltooi en inhanding met aankoms op Doornkloof.
Aanhangsel D