DOORNKLOOF

Doornkloof is Die Voortrekkers Vrystaat se trotse plaas en wildkamp. Ons is beskikbaar vir kampe, saamtrekke, troues en meer.
LEER MEER

MEER OOR DOORNKLOOF

Doornkloof is die Vrystaatse Voortrekkers se kultuur- en wildplaas.
Dit is geleë in die Lindley distrik en was die plaas van die Voortrekkerleier: Sarel Cilliers.

Verskeie besienswaardighede kan op die plaas gevind word, waaronder die plaasopstal wat deur Sarel Cilliers opgerig is, die Sarel Cilliers Museum en die trekkerspoor staproete, ‘n unieke wandeling na verskeie besienswaardighede. Die Voortrekkerleier is ook hier begrawe.

Gaan gerus na ons fotoblad en ontdek Doornkloof saam met ons.
Doornkloof is beskikbaar vir uitspan naweke, kampe, troues, konferensies en saamtrekke.

Die Bome Roep Die Klowe Roep is die geskiedenis van Doornkloof vasgevang deur Prof Piet Struass (Ou Hoofleier van die Voortrekkers). Die boek is te koop beskikbaar by die wakis (snoepie).

Projek Noodkrag

In kort ondervind Doornkloof baie uitdagings met die landwye beurtkrag wat verhurings aan buite instansies, leierskapkampe en voortrekkeraktiwiteite ontwrig. Om die rede is daar besluit om ʼn breedvoerige plan in werking te stel om noodkrag in plek te kry op elke kampterrein op Doornkloof. Hierdie projek gaan op die langduur ook ʼn besparing in die algemene elektrisiteitsuitgawes op Doornkloof verseker. Die Gebiedskomitee:Doornkloof het verskeie opsies ondersoek en met kundige kenners kontak gemaak om die beste werkbare plan in plek te stel. OL Jan van der Walt gaan as koördineerder van die projek optree en die eerste installasies gaan al in hierdie maand gedoen word. Die uitrol van die projek begin op die Sarel Cilliers Terrein en Suiderkruis Terrein en die projek sal dan, soos fondse beskikbaar word, uitgerol word na al die ander kampterreine.